Thomas en Koepka by Ryderbeker kapteinskeuses ingesluit

Justin Thomas en Brooks Koepka is ingesluit onder kaptein Zach Johnson se ses kapteinskeuses vir die Amerikaanse Ryderbeker-span. Koepka het die punte wat nodig was om outomaties te kwalifiseer, misgeloop, nadat hy by LIV-gholf aangesluit het, terwyl Thomas nie vir die FedEx Cup-uitspeelrondes aan die einde van die seisoen kon kwalifiseer nie. Die Ryderbeker begin op die 29ste van volgende maand by die Marco Simone Gholf- en Buiteklub naby Rome. Johnson sê hy het volle vertroue in sy keuses: