Wes-Kaap steier onder bende-verwante moorde

Die Wes-Kaapse polisiekommissaris, Thembisile Patekile, sê ten spyte van vordering met die bekamping van die moordsyfer tussen April en Junie 2023, is bendeverwante voorvalle aanhoudend ‘n uitdaging. Meer as 86 persent van bendeverwante moorde in Suid-Afrika is in die eerste kwartaal van hierdie boekjaar in die provinsie aangeteken. Patekile het gesê daar is beslag gelê op meer as 1 600 vuurwapens en meer as 92 000 rondes ammunisie sedert Januarie. Hy sê ‘n omvattende benadering word vereis om die kwessie van bendegeweld aan te pak.