Waarnemende OB gunsteling-kandidaat vir pos

Die Suid-Afrikaanse parlementêre ad hoc-komitee het advokaat Kholeka Gcaleka as sy voorkeur-kandidaat vir die pos van Openbare Beskermer gekies. Gcaleka, wat sedert Busisiwe Mkhwebane se skorsing langer as ‘n jaar gelede in die rol waarneem, is benoem ná onderhoude met agt kandidate. Die ANC en die IVP het haar benoeming gesteun, maar die DA, die EFF en die Vryheidsfront Plus is daarteen gekant. Die Nasionale Vergadering sal teen die einde van die maand oor Gcaleka stem. President Cyril Ramaphosa sal dan die gekose kandidaat aanstel, aangesien Mkhwebane se termyn in Oktober verstryk.