Shakira sal geskiedenis maak by MTV-toekennings
Die Grammy-wenner en sanger, Shakira, sal geskiedenis maak by die MTV-videomusiektoekennings wanneer sy die eerste Suid-Amerikaanse kunstenaar word wat die Michael Jackson Video Vanguard-toekenning ontvang. Sy is by vanjaar se MTV-toekennings ook in vier kategorieë benoem wat Kunstenaar van die Jaar en Beste Medewerking insluit. Shakira sal ook die eerste keer in 17 jaar optree by die toekenningsgeleentheid wat op die 12de van volgende maand in New Jersey aangebied word. Paramount se president van musiek, Bruce Gillmer, sê Shakira is ‘n ware globale mag wat voortgaan om die massas te inspireer.