Britse vlugte sal nog lank vertraag wees

Die tegniese fout wat Maandag in Brittanje se lugvaartstelsel ondervind is, het die potensiaal om die stelsel vir die res van die week in wanorde te laat. Meer as 500 vlugte na en uit die Verenigde Koninkryk moes gekanselleer word toe die lugverkeerbeheerdiens, Nats, se beplanningstelsel ‘n fout ontwikkel het. Dit beteken vlugplanne moes per hand verwerk word. ‘n Reiskenner, Simon Calder, sê duisende reisigers het vandag waarskynlik wakker geword op plekke waar hulle nie wou wees nie. Hy glo die fout gaan lugrederye miljoene kos in vergoedingseise.