Geen vrese oor Namibiese betrekkinge met VSA oor Kuba

Reaksie is ontvang op die Kubaanse President, Miguel Diaz-Canel Bermude, wat ‘n beroep vir groter solidariteit met die Namibiese regering gedoen. Hy sê Kuba is gereed om voort te gaan met sy samewerking met Namibië, ondanks komplikasies wat Amerikaanse sanksies veroorsaak het. President Hage Geingob het die VSA se sanksies teen Kuba veroordeel wat handel en ekonomiese betrekkinge tussen die twee lande beïnvloed het. ‘n Ekonomie-dosent aan die Universiteit van Namibië, dr. Omu Kakujaha-Matundu, het die ondertekening van ooreenkomste van verstandhouding tussen die lande as ‘n positiewe ekonomiese stap beskryf.