IPC: Swapo doen niks om werkloosheid te takelAugust 27, 2023

Namibië se werkloosheidskoers staan op 33,4 persent met ‘n jeugwerkloosheidskoers van 46,1 persent, waarvan 43,7 persent mans is en vroue ‘n verbysterende 48,5 persent uitmaak. Dit hou ‘n potensiële uitdaging vir die regerende party, Swapo, se herverkiesingshoop vir volgende jaar in, selfs as inflasie gaan daal. Kosmos 94.1 Nuus het met Imms Nashinge, IPC-woordvoerder, gepraat wat sê dat niks gedoen word om die kwessie van werkloosheid in die land op te los nie.