Dragon-ruimtetuig vandag by Internasionale Ruimtestasie verwag
Nasa en SpaceX se Dragon-ruimtetuig, wat Saterdag gelanseer is met vier ruimtevaarders aan boord, sal na verwagting vandag die Internasionale Ruimtestasie se wentel-laboratorium bereik. Dit is die agtste sending met ‘n bemanning van Elon Musk se toonaangewende Dragon-ruimtetuig. ‘n Uiteenlopende span ruimtevaarders uit Amerika, Denemarke, Japan en Rusland is aan boord. Hulle sal vier ruimtevaarders vervang wat van Maart af in die laboratorium werk. Nog ‘n Nasa-ruimtevaarder sal middel September in ‘n uitruil-ooreenkoms in Kazakstan opstyg, saam met twee Russe.