Gesondheidsministerie het ‘n gebrek aan geestesgesondheidsgeriewe, kliniese sielkundiges

Die Namibiese gesondheidsministerie het ‘n reuse-uitdaging om pasiënte met geestesgesondheidsiektes te akkommodeer. Die fasiliteit by Windhoek Sentrale Hospitaal het ‘n bed-kapasiteit van 220 en saal 16 by die Oshakati-staatshospitaal, wat in 2019 opgeknap is, het 60 beddens. Die ministerie het ‘n raad vir geestesgesondheid vir die Oshakati-hospitaal van 2023 tot 2026 ingehuldig. Volgens die minister dr. Kalumbi Shangula was daar slegs een kliniese sielkundige by die Windhoek Sentrale Hospitaal, maar hulle het nou tot ses toegeneem. Volgens die adjunkminister dr. Esther Muinjangue het Namibië het die vierde hoogste selfmoord-syfer in Afrika.