SANW sê kuberkrakery is fopnuus
In die buurland het die departement van verdediging en die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag bewerings deur die kubergroep Snatch weerlê van ‘n losprysware-aanval en data-diefstal. Die gerugte het ontstaan te midde van die jaarlikse Militêre Inligting- en Kommunikasie-simposium, waar modernisering van tegnologie om toenemende bedreigings teë te werk bespreek is. Die groep beweer dat hy 1,6 teragrepe se sensitiewe data bekom het, insluitend militêre kontrakte, wat kommer vir nasionale veiligheid inhou. Albei departemente het enige lekkasie ontken en die bewerings as fopnuus afgemaak. Brigadier-generaal Andries Mahapa van die SANW, sê sekuriteitspesialiste het dit geverifieer.