Zanu-PF en hoof-opposisie kop-aan-kop in vroeë uitslae
Vroeë uitslae in die Zimbabwiese verkiesing toon dat die regerende party en die hoofopposisie kop aan kop is na Woensdag en Donderdag se presidents- en parlementêre verkiesing. Paaie om die verkiesingsentrum in Harare is vanoggend afgesper en mense word weggehou. Dit blyk asof Zanu PF meer steun in stedelike gebiede het, terwyl die Citizens Coalition for Change plattelandse gebiede oorheers. Die finale verkiesingsuitslag word vroeg aanstaande week verwag. Dr. Nevers Mumba, voormalige Zambiese visepresident en hoof van die SAOG-verkiesingswaarnemingsending het aan die media gesê dat die dat sommige aspekte van die pas afgelope algemene verkiesings nie voldoen aan die vereistes van die Grondwet van Zimbabwe nie.