Metcalfe eis respek tydens protes-optogte
‘n Bekende prokureur het sy reaksie gegee op die National Ownership Association wat vandag ‘n landwye massa-protesoptog gehou het teen kommersiële banke en die Bank van Namibië. Die voorsitter van die groep, August Maletzky, sê hulle betoog teen die beslaglegging van eiendom deur kommersiële banke in Namibië. Die opkoms vir die betoging was ook nie groot nie. Kosmos 94.1 Nuus het met Richard Metcalfe gepraat, wat sê dis goed dat mense opdaag en opstaan vir hul regte, maar dit moet met respek gedoen word.