Tennis: Alcaraz verdedig sy Amerikaanse Ope-titel

Tennis: Die wêreld-nommer een Carlos Alcaraz van Spanje begin die verdediging van sy Amerikaanse Ope-titel teen die Duitser Dominik Koepfer. In die vroue-afdeling sal die wêreld-nommer een Iga Swiatek van Pole met Rebecca Peterson van Swede kragte meet. Alcaraz, probeer sy derde Grand Slam-titel  verower en kan in die kwarteindronde dalk teen die Italianer Jannik Sinner te staan kom. Swiatek se moontlike teenstander in die kwarteindronde kan die Amerikaner Coco Gauff wees. Die drie-en-twintigmalige Major-kampioen Novak Djokovic kom in die eerste ronde teen die Fransman Alexandre Muller te staan. Die 36-jarige Serwiër, is ‘n driemalige Amerikaanse Ope-kampioen en is in dieselfde loting as Stefanos Tsitsipas van Griekeland.