Saluut van 21 skote tradisioneel op Heldedag afgevuur
Die ministerie van verdediging het inwoners van Windhoek gemaan om nie paniekerig te raak oor die artillerie-geweerskote wat môre tydens die herdenking van Heldedag afgevuur sal word nie. Die ministerie sê 21 skote sal gehoor word, wat die 21-geweer-saluut simboliseer. Die saluut met 21 gewere is ‘n seremoniële militêre eerbewys en dit is ‘n jaarlikse tradisie op Heldedag, ter herdenking van die gesneuweldes van die Namibiese Vryheidsoorlog wat op 26 Augustus 1966 by Omugulugwombashe begin het.