Swapo se Vroueraad stel eie grondwet bekend
Swapo se sekretaris-generaal, Sophia Shaningwa, het die Swapo Party se Vroueraad-grondwet, wat verlede jaar deur die party se Sewende Gewone Kongres aanvaar is, op Omuthiya bekendgestel. Shaningwa het sê die party bly verbind tot die saak van vroue-bemagtiging. Swapo het 50/50-geslagsverteenwoordiging in alle strukture aangeneem soos vervat in die party-grondwet en beleidsdokumente aangesien dit mans en vroue ‘n gelyke geleentheid gee om in die geledere en strukture van die party te dien. Shaningwa sê die party maak voorsiening vir die Vroueraad om sy eie grondwet wat sy aktiwiteite en administrasie beheer, aan te neem, mits die grondwet of wysiging die goedkeuring van die kongres van die Swapo Party kry voordat dit in werking tree.