Rugby: Springbokke oefen veilige duikslag-tegniek
Rugby: Die Springbok-kaptein Siya Kolisi sê die Bok-groep bestee tans die meeste van hul oefentyd aan die veilige duikslag-tegniek soos wat Wêreld Rugby in sy Tackle Ready-program voorstel. Dit volg op die opspraakwekkende gevaarlike duikslae onlangs deur onder meer Engelse spelers. Die Springbokke is reeds in Engeland vir hul oefenwedstryd vanaand teen die All-Blacks op Twickenham. Kolisi sê die Bokke werk so hard daaraan om die korrekte tegniek in wedstryde te gebruik, dat hulle só sal speel sonder om eers daaroor te dink.