Geingob en Chinese President versterk bande by Brics
President Hage Geingob het leiers van ontwikkelende lande by die Brics-beraad in Johannesburg verdeeldheid gemaan en eerder ‘n internasionale orde te bevorder wat meer regverdig, gelyk en gunstig is vir vrede en ontwikkeling vir almal. Hy het ook ‘n vergadering met China se President Xi Jinping gehad. Xi het daarop gewys dat China nie soos voormalige koloniseerders sal word nie en daarom ’n wêreld sal bevorder wat gekenmerk word deur wedersydse respek en vrede. Geingob het beklemtoon dat hy destyds tydens sy ampstermyn as handelsminister verseker het dat kommer oor die nie-nakoming van Namibiese wette deur sommige Chinese sakelui met China se leierskap aangespreek is. Geingob sê sedertdien is daar deursigtigheid en oop dialoog.