Zelensky wys vingers ná Wagner-vliegtuig neerstort

Die President van Oekraïne, Volodimir Zelensky, sê sy land was nie betrokke by neerstorting van ‘n vliegtuig Woensdagaand naby Moskou nie. Die leier van die Wagner-roep, Yevgeny Prigozhin, en nog ‘n senior leier van die groep, Dmitri Utkin, is vermoedelik tydens die voorval dood. Zelensky het aan joernaliste in Kiëf gesê hy dink almal is bewus van wie by Prigozhin se dood betrokke was. Die Kremlin het intussen nog nie amptelik kommentaar gelewer op die voorval nie. Tien liggame is op die toneel gevind, maar die slagoffers is nog nie formeel geïdentifiseer nie.