Ongwediva-handelskou gereed vir besoekers en uitstallers

Die Noorde is in rep en roer oor die Ongwediva-handelskou wat môre afskop en tot 2 September duur. Die Ongwediva-dorpsraad sê hy is gereed om besoekers en uitstallers van heinde en verre te ontvang. Die meerderheid van die gasvryheidsinstansies is vol bespreek, maar daar is ‘n paar gastehuise wat nog plek beskikbaar het. Die woordvoerder Jackson Muma het met Kosmos 94.1 Nuus gesels en verwag dat hierdie handelskou vir die dorp, die Noorde en die land ‘n ekonomiese hupstoot sal gee…