Landwye massa-optog môre teen banke

Die National Ownership Association gaan môre ‘n landwye massa-protesoptog hou teen kommersiële banke en die Bank van Namibië. Die groep sê hy beoog om te betoog teen die beslaglegging van eiendom deur kommersiële banke in Namibië. Kosmos 94.1 Nuus het met August Maletzky, die voorsitter van die vereniging gepraat, wat die doelwitte en belangrikheid van hierdie protes deel.

Maletzky stel hul eise en waar die betoging regoor die land sal plaasvind.