Creecy woon omgewingsfasiliteit-beraad in Kanada by
Die Suid-Afrikaanse minister van bosbou, visserye en die omgewing, Barbara Creecy, neem vandag en môre deel aan die sewende byeenkoms van die Wêreldwye- omgewingsfasiliteit in Vancouver, Kanada. Suid-Afrika neem ‘n dubbele rol aan, as ontvanger en bydraer. Die Wêreldwye-bioverskeidenheids-raamwerkfonds sal tydens die vergadering van stapel gestuur word. Die departement se waarnemende woordvoerder, Peter Mbelengwa, sê die instelling se raad het die stigting en programmeringsrigting van hierdie nuwe fonds goedgekeur.