Rugby: Peyper skeidsregter in openingswedstryd van Wêreldbeker
Rugby: Jaco Peyper van Suid-Afrika sal as skeidsregter optree in die Wêreldbeker-openingswedstryd tussen die gasheer, Frankryk, en Nieu-Seeland in die Stade de France op 8 September. Dit sal nie Peyper se eerste openingswedstryd wees nie. Hy het ook in 2015 die openingswedstryd tussen Engeland en Fidji op Twickenham hanteer. Wêreldrugby sê 12 skeidsregters, sewe assistent-skeidsregters en sewe televisie-wedstrydsbeamptes is op meriete gekies vir die groot toernooi. Die groep verteenwoordig nege lande en het gesamentlik in meer as 700 toetse opgetree.