Ramokgopa woeker met ooreenkomste by Brics
Die buurland se minister van elektrisiteit, Kgosientsho Ramokgopa, het ‘n gesamentlike ooreenkoms van samewerking onderteken met agt Chinese instellings wat wêreldleiers is op die gebied van energie. Dit volg ‘n dag nadat hy ’n raamwerk-ooreenkoms onderteken het oor samewerking in groen energie, en briewe van onderneming uitgeruil het oor die skenking van noodkrag-toerusting. Ramokgopa sê die ooreenkomste is deel van Suid-Afrika se volgehoue poging om vennootskappe te versterk om energie-sekerheid en -oorgang te bevorder: