Eskom het geld, maar bestuursprobleem

Die Suid-Afrikaanse politieke ontleder Moeletsi Mbeki sê Eskom het nie ‘n geldprobleem nie, maar wel ‘n bestuursprobleem. Hy het tydens die 15de Brics-beraad in Johannesburg, beklemtoon die beurtkragkrisis duur reeds byna 17 jaar voort, ondanks China se skenking van 170 miljoen Suid-Afrikaanse rand om aandag te gee aan Suid-Afrika se energie-uitdagings. Volgens Mbeki begin die probleem by die eienaarskap en bestuur van Eskom. Hy sê korrupsie en sabotasie word wyd erken as bydraende faktore tot Suid-Afrika se energie-krisis.