SA verbruikersinflasie daal in Julie tot 4,7%
Jaarlikse verbruikersinflasie in Suid-Afrika het in Julie tot 4,7 persent gedaal vanaf 5,4 persent in Junie. Nog goeie nuus is dat voedsel-inflasie ook afgeneem het. Die jaarlikse koers vir kos en nie-alkoholiese drank was 9,9 persent in Julie, laer as die 11 persent in Junie. Jaarlikse inflasie vir brood en graan het verlangsaam en mieliemeel was goedkoper in Julie. Die slegte nuus is egter die jaarlikse koers vir melk, eiers en kaas, en warm en alkoholiese drankies het gestyg. Die pryse van suiker, lekkers en nageregte het die hoogste jaarlikse inflasie sedert Mei 2017 aangeteken.