Geingob vetrek vanmiddag om Brics by te woon
President Hage Geingob vertrek vanmiddag drie-uur na Johannesburg om die Brics Afrika-uitreik, sowel as die Brics Plus-dialoog by te woon. Die geleenthede lê klem op voordele vir die vasteland deur middel van Brics en hoe ‘n vennootskap gesmee kan word. Volhoubare ontwikkeling, bevordering van vrede en veiligheid, billike volhoubare ekonomieë en die vordering van handel sal ook onder die loep kom. Dit is die 15de Brics-beraad en dit loop môre tot ‘n einde.