NTB se satelliet-rekening belangrik om toerisme te ondersteun
Reaksie word ontvang op die ontleding deur die makelaarsfirma Simonis Storm wat sê die waardetoevoeging van toerisme kan nie volledig bepaal word nie omdat verskeie sektore verkeerd geklassifiseer is. Die Namibiese Toerismeraad is tans besig om die 6de Toerisme Satelliet-rekening saam te stel om die direkte en indirekte ekonomiese bydrae van die sektor te bepaal. Nathaly Ahrens van die Toer- en Safari-vereniging meen die bedryf is die derde grootste bydraer aan die land se ekonomie en dus, net belangrik soos landbou en mynwese.