Mar-a-Lago-werknemer draai teen Trump in dokumente-saak

Een van die Amerikaanse oudpresident Donald Trump se werknemers het sy getuienis verander oor pogings om sekerheidsbeeldmateriaal te wis. Die IT-direkteur by Mar-a-Lago, Yuscil Taveras, het ‘n brief van spesiale raadgewer Jack Smith ontvang dat hy ondersoek word omdat hy moontlik vir ‘n groot jurie gelieg het in die ondersoek na sensitiewe dokumente. Hy beskuldig nou Trump en twee assistente dat hulle druk op geplaas het om kringtelevisie-beeldmateriaal by die oudpresident se Florida-woning uit te vee. Die beeldmateriaal moes ingedien word vir die ondersoek na die beweerde verskuiwing van bokse met geklassifiseerde dokumente by Mar-a-Lago.