Handelsforum met Angola uitgestel
Die Namibiese en Angolese Kamers van Handel sê die tweede Namibië-Angola Besigheidsforum wat beplan was om van 3 tot 6 September plaas te vind, is uitgestel. Dit is as gevolg van die uitstel van die Bi-Nasionale Kommissie wat ook in Angola saam met die Besigheidsforum gehou sou word, wat belangrike ekonomiese ministers en regeringsamptenare in staat sou stel om ook aan die forum deel te neem. Die kamers sê die stap is geneem met inagneming van die kritieke kwessies wat bedoel is vir besprekings by die forum. Nuwe datums is onder bespreking maar diegene wat mark- en beleggingsgeleenthede soek word aangemoedig om voort te gaan om te registreer om dit sessies by te woon.