Brics hou geen voordele vir Suid-Afrikaners in – politieke kenner

Die Suid-Afrikaanse politieke ontleder Daniel Silke sê die Brics-lande wat uit Brasilië, Rusland, Indië, China en Suid-Afrika bestaan, gaan nie noodwendig aansienlike voordele vir gewone Suid-Afrikaners bring nie. Die 15de Brics-beraad het vandag in Johannesburg onder voorsitterskap van President Cyril Ramaphosa begin. Silke sê Suid-Afrika het ‘n einde aan korrupsie en ‘n mark-vriendelike beleidsraamwerk nodig. Hy sê dit alles moet gelyklopend wees met meer simboliese kwessies wat met Brics verband hou.