Pandor: China is SA se grootste handelsvennoot
Die Suid-Afrikaanse minister van internasionale betrekkinge en samewerking, Naledi Pandor, sê bilaterale betrekkinge tussen Suid-Afrika en China is belangrik, veral op die gebied van handel. Die Chinese President, Xi Jinping, het in Suid-Afrika aangekom vir die 15de Brics-beraad in Johannesburg. Dit is sy vierde staatsbesoek aan die land. Pandor sê China bly Suid-Afrika se grootste handelsvennoot.