GOOD sê Stad Kaapstad vra te veel vir krag

Die GOOD-party beweer die DA-beheerde Stad Kaapstad laat kragverbruikers al vir langer as ‘n jaar te veel vir krag betaal sonder die goedkeuring van die Nasionale Energiereguleerder van Suid-Afrika. Anton Louw van die party sê die stad het skaamteloos ‘n tariefverhoging van 19,7 persent ingestel en gebruik plaaslike belastingbetalers se geld in die geheim om hom in die hof te verdedig. Hy sê die burgemeester, Geordin Hill-Lewis, moet bekendmaak hoeveel skuld aan die stad se kragverbruikers oor die afgelope 13 maande opgebou het weens die onwettige heffing van verhoogde tariewe: