Vereistes vir invoer van mahangu, bone vir eie gebruik uit Angola opgehef
Die Namibiese landbouministerie sê fitosanitêre vereistes vir die invoer van bone en mahangu vanuit Angola, vir eie gebruik, is opgehef. Dit geld vir enige invoere vanuit die buurland in ‘n 60-kilometer radius van die grenspos. In ‘n verklaring sê die ministerie invoere vir eie gebruik word tot op 200 kilogram per maand toegelaat. Die ministerie sê as gevolg van die swak oeste in Namibië, word daar verwag dat meer invoere, veral op ’n kleiner skaal en vir eie gebruik, vanuit Angola sal toeneem. Lede van die publiek word daaraan herinner dat die opheffing van maatreëls net van toepassing is aan die Namibiese kant van die grens en ander maatreëls kan aan die Angolese kant geldig wees.