Brics gaan groot voordele vir vroue-sakeondernemings inhou

KwaZulu-Natal se premier Nomusa Dube-Ncube sê strategiese ooreenkomste van meer as 20 miljard Suid-Afrikaanse rand gaan onderteken wees wanneer die Brics-vroue-alliansie se Afrika-handelskonferensie vandag eindig. Meer as 500 klein en medium ondernemings wat deur vroue bedryf word, het aan die konferensie deelgeneem. Die 18 lande waaruit die deelnemers kom, sluit Zambië, die Demokratiese Republiek die Kongo, Saoedi-Arabië en Ghana in. Dube-Ncube sê befondsing, handel, belegging tussen Brics-lande en Afrika, en die hantering van uitvoere is van die onderwerpe wat bespreek is: