Kalifornië op hete kole vir Hilary

Die tropiese storm, Hilary, het die suide van Kalifornië getref en gaan gepaard met sterk wind en swaar reën. Dit is die staat se eerste tropiese storm in 84 jaar. Minstens 9 miljoen mense is teen kitsvloede gewaarsku terwyl talle gebiede ontruim word. Die storm in Mexiko se Baja California het stortreën en oorstromings veroorsaak en een persoon is dood. Goewerneur Joe Lombardo het ‘n noodtoestand in Nevada afgekondig. Die Withuis sê hulpbronne van die federale noodbestuursagentskap is in Kalifornië ontplooi.