Nampol-ondersoek na Okh-skietery nog nie voltooi nie
Plaaslike media berig dat tot dusver is nie een polisiebeampte geskors na die April-skietery op Okahandja waar vyf vermeende rowers dood is nie. Volgens die Engelse dagblad, The Namibian, sê Nampol se woordvoerder adjunkkommissaris Kauna Shikwambi, die ondersoek is 80 persent voltooi. Daar word blykbaar gewag op verslae van al die rolspelers. Die adjunkhoof van die polisie, generaal majoor Elias Mutota het in Mei vanjaar bevestig ‘n moord-dossier is in verband met die voorval geopen. Die vyf wat dood is was blykbaar bekend vir misdaad en gewapende roof en sommige was uit op borg. Daar was 24 kriminele sake teen die groep. ‘n Sesde verdagte het gevlug en is steeds soek.