WGO: 2,8 miljoen Afghane het dringend hulp nodig

Die Wêreldgesondheids-organisasie het ‘n nuwe wekroep uitgestuur wat vra vir meer belegging in gesondheidsorgvoorsiening in Afghanistan, veral in gebiede wat swak bedien word en uiters onder-voorsien en kwesbaar is weens die voortslepende humanitêre krisis. Afghanistan loop deur onder ‘n uitgerekte krisis met miljoene mense wat swak of geen toegang het tot gesondheidsdienste en voedsel nie, wat hulle ernstig in gevaar stel van wanvoeding en siekte-uitbrekings. Die hersiene Afghanistan Humanitê Reaksieplan vir 2023 onthul 28,8 miljoen mense het onmiddellik bystand nodig.