Open Secrets-verslag ontbloot korrupte maatskappye

Die burgerregte-organisasie, Open Secrets, het ‘n verslag vrygestel waarin maatskappye ontbloot is wat na bewering ‘n groot rol gespeel het in die wanbestuur en wanfunksionering van staatsinstellings wêreldwyd. Die verslag getiteld The Corporations and Economic Crime, ontbloot die rol wat konsultasie-firmas soos McKinsey, Bain en die Boston Consulting Group glo gespeel het in staatskaping, endemiese korrupsie en wanbestuur. Dis wat gelei het tot krisisse soos die huidige energietekort in Suid-Afrika.