Gwede: Energie-oorgang ‘n uitdaging in sukkelende ekonomie
Die Suid-Afrikaanse minister van energie, Gwede Mantashe, sê die land moet seker maak dat sy plan vir ‘n regverdige energie-oorgang nie die reeds sukkelende ekonomie in duie laat stort nie. Mantashe het gepraat by die Brics-energiesamewerkingsforum in Johannesburg, in die aanloop tot die 15de Brics-beraad vandeesweek. Mantashe sê die aanname dat die energie-oorgang ‘n beweging weg is van steenkool na hernubare energie, het geen grondslag nie.