Rugby: Springbokke ransel Wallis met 52-16 af
Rugby: Die Springbokke het in hul opwarmingswedstryd in Cardiff vir Wallis met 52-16 afgeransel. Die rustydtelling was 24-9 in die Bokke se guns. Die Springbok-kaptein Siya Kolisi het ‘n uitstekende eerste helfte teen Wallis voltooi na sy terugkeer na ‘n knie-operasie. Kolisi was ook die strateeg agter die eerste van die Bokke se agt drieë. Dit is die grootse oorwinning van die Bokke teen die Drake in Wallis. Die Springbokke sit hulle voorbereiding vir die Wêreldbeker voort met ‘n kragmeting teen hulle aartsvyande, Nieu-Zeeland, Vrydag op Twickenham voordat hulle hul Wêreldbeker-titel in Frankryk gaan verdedig.