VSA, Suid-Korea en Japan onderteken ooreenkoms by Camp David
Amerika, Suid-Korea en Japan onderteken vandag by Camp David in Maryland ‘n onderneming dat hulle in krisistyd met mekaar sal beraadslaag. Dit is die Amerikaanse President Joe Biden se eerste beraad by dié geskiedkundige rusoord van Amerikaanse Presidente. Die ooreenkoms is betekenisvol teen die agtergrond van ‘n lang geskiedenis van wantroue tussen Japan en Suid-Korea. Japan het die Koreaanse Skiereiland tussen 1910 en 1945 beset. China het intussen gewaarsku dat die VSA se pogings om betrekkinge met Suid-Korea en Japan te versterk, tot verdere spanning en konfrontasie in die streek kan lei.