Geringe daling in moorde in SA

Daar is 6 228 mense tussen April en Junie vanjaar in Suid-Afrika vermoor. Die ministerie van polisie en die minister, Bheki Cele, het vandag virtueel voor die Parlement se portefeuljekomitee oor polisie verskyn. Die moordsyfer het met 196 gevalle gedaal, ‘n geringe afname van 3,1 persent. Poging tot moord-gevalle het met 7 persent toegeneem, terwyl die getal seksuele misdrywe met 2 persent afgeneem het.