SA-dieselprys: Daar gaan inflasie weer…

Nes verbruikers effe verligting gekry het met ‘n laer inflasie-syfer van 4,5 persent vir Julie, kom die nuus dat diesel met tot 2 Suid-Afrikaanse rand en 60 sent in September in die buurland kan styg. Die impak daarvan sal uitkring en plaaslike huishoudings raak omdat so baie invoere vanuit die buurland kom. Kosmos 94.1 Nuus het met ekonoom Arney Tjaronda by High Economic Intelligence gepraat.