Senegal se Sonko is hospitaal toe na 2 weke se eetstaking

Die leier van die opposisie in Senegal, Ousmane Sonko, wat die afgelope twee weke op ‘n eetstaking was weens sy aanhouding, is na die intensiewesorg-eenheid van ‘n hospitaal oorgeplaas. Sonko se party, Pastef, sê die owerhede is verantwoordelik vir sy toestand nadat hulle hom aangekla en in hegtenis geneem het vir onder meer sameswering teen die staat. Hy het is in Junie gevonnis tot tronkstraf van twee jaar wat verband hou met ‘n beweerde verkragtingsaak. Hy ontken enige oortreding. Sy party het geen besonderhede oor sy toestand bekendgemaak nie.