Sanksies teen vier Russe wat blykbaar Navalny vergiftig
Amerika het sanksies ingestel teen vier Russe wat beskuldig word dat hulle in 2020 betrokke was by die vergiftiging van die opposisieleier, Alexey Navalny, wat tans in die tronk is. Drie van die vier het saam met ‘n gespesialiseerde laboratorium gewerk wat deur Rusland se federale veiligheidsdiens bedryf word. Navalny dien tans ‘n vonnis van 19 jaar uit weens die bevordering van ekstremisme. Amerika se Tesourie-departement sê die sluipmoordpoging op Navalny is ‘n teken van president Vladimir Putin se minagting vir menseregte. Hy voeg by hy sal voortgaan om die gesag tot sy beskikking te gebruik om die Kremlin se gewillige potensiële laksmanne aanspreeklik te hou.