Oud-hoof van Google begin Open-AI
Die voormalige uitvoerende hoof van Google, Eric Schmidt, bou ‘n nuwe organisasie om wetenskaplike uitdagings met behulp van kunsmatige intelligensie aan te pak. Die nie-winsgewende projek is geskoei op Open-AI, en het ten doel om top-vlak talent in die velde van wetenskap en kunsmatige intelligensie te lok, wat deurbrake op gebiede, insluitend geneesmiddel-ontdekking tot materiaalwetenskap sal skep. Die projek word gelei deur die stigter van die Toegepaste Biotegnologie Laboratorium by die Francis Crick Instituut, Samuel Rodriques, en ‘n pionier in die gebruik van chemiese kunsmatige intelligensie, Andrew White.