Guterres woon Brics-beraad by
Die Sekretaris-Generaal van die Verenigde Nasies, Antonio Guterres sal volgende week die 15de Brics-beraad bywoon wat in Johannesburg gehou word. Volgens bronne in die VN sal een van Guterres se belangrikste fokuspunte die hernuwing van die Swartsee- graanooreenkoms en die belang van dié ooreenkoms vir internasionale voedselsekerheid wees. Sowat 20 internasionale organisasies en 67 leiers sal die beraad bywoon. Die belangstelling word gesien as ‘n aanduiding van die toenemende belang van die Brics-groepering in die wêreld. Die groepering verteenwoordig 40 persent van die wêreld se bevolking en meer as 25 persent van die wêreld-ekonomie.