Skotland sluit 4 SA-gebore spelers in vir Frankryk
Vier Suid-Afrikaans-gebore spelers sal Skotland op die Wêreldbekertoernooi verteenwoordig. Die vleuel Duhan van der Merwe, die senter Kyle Steyn en die stutte WP Nel en Pierre Schoeman is almal aangewys in die hoofafrigter, Gregor Townsend, se groep vir die toernooi in Frankryk. Hy het ook die skrumskakel Ben White ingesluit ondanks vrese oor sy fiksheid. Jamie Ritchie is as kaptein aangewys. Skotland sal in groep B teen die Springbokke, Ierland, Tonga en Roemenië speel.