Erg wisselvallige SA rand tot 2024-verkiesing verwag
Valuta-handelaars voorspel reeds volgende jaar se algemene verkiesing in die buurland sal erge wisselvalligheid in die Suid-Afrikaanse rand meebring. Die rand se geïmpliseerde wisselvalligheid vir ‘n jaar het skielik opgeskiet van die driejaar-laagtepunt wat in Julie bereik is. Dit het sedert 13 Julie met ongeveer 70 basispunte tot 15,8 persent gestyg, een van die hoogstes onder die ontluikende markte wat deur Bloomberg gemonitor word – in ooreenstemming met die Russiese roebel, Italiaanse lira en Argentynse peso, wat deur politieke onrus geteister word. Intussen het die Bank van Namibië die repokoers onveranderd op 7,75 persent gehou, met Suid-Afrika se koers wat op 8,5 persent staan.