DA-leier sê nasionale konvensie moet konkrete oplossing verskaf

Die DA-leier, John Steenhuisen, sê die uitslag van die nasionale konvensie-onderhandelings moet beoordeel word op grond van of daar beslissende oplossings gebied word om die lewens van Suid-Afrikaners te verbeter. Steenhuisen was aan die woord tydens die opening van die Nasionale Konvensie in Kemptonpark, Ekurhuleni. Hy sê dit kan, en moet nie, ‘n suiwer anti-ANC-projek wees nie. Steenhuisen sê môreaand wanneer hierdie proses afgehandel is, moet die politici wat deelneem beoordeel word op of die uitkoms tasbare verbeterings beloof aan Suid-Afrikaners se lewens.